
Die konsep van Britse heerskappy het voorsiening gemaak vir die vereniging van die verskillende streke van Suid-Afrika in een staat onder die Union Jack. Die opvatting het posgevat dat in die geval van oorlog ’n verenigde Suid-Afrika vir Brittanje meer werd sou wees as vier afsonderlik geregeerde kolonies.
Daar was twee kommissies wat Suid-Afrikaanse eenheid voorgestaan het. Die Selbornememorandum, wat na die destydse hoë kommissaris genoem is, het die voordele beklemtoon vir wit Suid-Afrikaners om hul kragte saam te snoer. Die Lagden-kommissie is aangestel om aanbevelings te maak met betrekking tot ’n gemeenskaplike naturellebeleid vir al die Suid-Afrikaanse state. Rasseverhoudinge ná 1905, veral in Natal, het veroorsaak dat baie...
King William’s Town was die ekonomiese middelpunt vir die Oos-Kaapse kleinboerdery. Dit was op drie na die grootste dorp in die ou Kaapkolonie. Dit was veel groter as die hawestad Oos-Londen en vir sy welvaart feitlik geheel en al van kleinboere afhanklik. King William’s Town was ook ’n sentrum vir die sending en talle vooraanstaande wit handelaars en professionele lui het sterk bande met die Skotse sendelinge op nabygeleë Alice gehad. Hul simpatie het by die ontluikende swart kleinboerstand...
Die volksverskuiwings in Suider-Afrika oor eeue heen word in ouer geskiedenisboeke gewoonlik “Bantoe-migrasies” genoem. Hulle is op kaarte met dik swart pyle aangedui om die rigting van “roetes” te toon. Natuurlik was daar migrasies in die sin van doelbewus gemotiveerde woonplek-verwisselings, maar dit is ’n swak beskrywing van die proses waardeur die grootste deel van Suider-Afrika bevolk is deur mense wat verwante Bantoetale gepraat het.
Migrasie impliseer vinnige beweging, maar die argeologiese getuienis toon dat Bantoesprekendes oor eeue heen geleidelik...
As ’n mens van vandag se demokratiese, nie-rassige Suid-Afrika na die 19de eeu terugkyk, lyk dit maklik soos ’n lang, bloedige tyd van ontvreemding waarin niemand deesdae juis meer sou belang stel nie. Die destydse Kaapkolonie was egter nie ’n monolitiese struktuur nie, maar eerder ’n tweekoppige monster. As albei koppe in dieselfde rigting gekyk het, was die kolonie sterk, maar hy is ge teister deur interne teenstrydighede waarvan ons vandag nog die gevolge dra. Dit is veral duidelik...