Die Stakings Wat Suid-Afrika Geruk Het

Die vroeë 1970’s het ’n waterskeiding in Suid-Afrika se fabrieke meegebring. Ná die ‘‘stil sestigs’’ het die swart werkmag skielik met stakings teen apartheid teruggeslaan. Dit het in 1971-1972 in Suidwes-Afrika (die huidige Namibië) begin en in 1973 op ’n golf stakings in Durban uitgeloop. Die laags geskoolde arbeiders het baie min verdien. Vroeg in die 1970’s het ’n vyfde van die werkers in Durban en ander stede minder as R10 per week verdien toe die maandelikse bestaansloon net minder as R80 per maand was. ’n Werker het aan ’n verslaggewer gesê: ‘‘Toe ons verhogings vra, gee ons baas ons 55 sent. Ek wil my baas graag 55 sent gee en hom vra om vir 55 sent vleis vir sy kinders te koop.’’

In die myne en op die plase was die situasie van swart werkers selfs hagliker. In albei dié sektore het reële lone sedert die vroeë dekades van die eeu glad nie verbeter nie. Teen 1970 was die gemiddelde plaasloon (uitgesonderd kos en huisvesting) net ’n derde van die fabrieksloon. In die vroeë 1970’s het die regering steeds belowe om die geskoolde, beter betaalde werkgeleenthede vir wittes uit te hou en om wit oorheersing ook op ander maniere in stand te hou.

 

Die Durbanse stakings van 1973

Die ontstaan van onafhanklike vakbonde 

Comments are closed.