Bernard Mbenga

Bernard Mbenga

Bernard K. Mbenga doseer sedert 1987, as medeprofessor in Geskiedenis, aan die Universiteit van Noordwes, Mafikeng. Hy het ’n M.A. in Geskiedenis verwerf aan die Universiteit van York in Engeland, en sy doktorsgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) met ’n verhandeling oor die geskiedenis van die Bakgatlaba- Kgafela in die Pilanesberg. Sy navorsingsbelangstellings omvat die rol van swart gemeenskappe in die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899–1902), die verkrying van grond deur swart gemeenskappe in Transvaal, asook die rol van sendelinge en swart hoofmanskappe. Hy doseer ook oor inheemse kennissisteme.

Mbenga het referate gelewer by internasionale konferensies in Suid Afrika, die VSA, die Verenigde Koninkryk en Australië en is die mederedakteur en mede-outeur (saam met Carolyn Hamilton en Robert Ross) vanCambridge History of South Africa, Vol. 1, c. 200 AD to 1886 AD. Hy is ’n lid van die redaksie van die South African Historical Journal, The Journal of African History en die aanlyn ejoernaal History Compass(www.historycompass.com).