Een van die skreiendste militêre regsvergrype in die Anglo-Boereoorlog, die fusillering van Boere-kommandant Gideon Scheepers (24) op 18 Januarie 1902 en die daaropvolgende verberging van sy oorskot, word op Saterdag 21 Januarie 2012 op Graaff-Reinet met ‘n huldesaamtrek in herinnering geroep.
Kort voordat die Anglo-Boereoorlog op 31 Mei 1902 by Vereeniging ten einde geloop het, is die beskaafde wêreld opnuut geskok deur die Britse leër se verontagsaming van die Haagse Konvensie oor Beskaafde Oorlogvoering van 1899, wat onder meer bepaal het dat offisiere te velde spesiale voorregte as krygsgevangenes moet geniet.
Op 18 Januarie is kmdt. Gideon Scheepers, heliografis en verkenner van die Vrystaatse Republiek onder bevel van genl. C.R. de Wet, op Graaff-Reinet deur ’n vuurpeloton doodgeskiet. Die voorafgaande verhoor was ’n klug deurdat die Britse leërowerstes reeds vooraf besluit het dat hy as ’n misdadiger en “rebel” doodgeskiet sou word. Scheepers se oorskot is daarna versteek om te probeer voorkom dat ’n held van hom gemaak word. Waansinnige lojaliste sou dit ná die oorlog met leedvermaak uitbuit.
Genl. Koos de la Rey het die Haagse regulasies vir beskaafde oorlogvoering op 7 Maart 1902 op Tweebosch in Wes-Transvaal skitterend gedemonstreer deur die gewonde lt.genl. Paul Sanford, lord Methuen, wat in sy hande geval het, van noodhulp en ’n maaltyd te bedien voordat hy hom na sy eie kolonne teruggestuur het. Die Boere was nie ondertekenaars van die konvensie soos Brittanje nie. In kontras daarmee het genl. H.H. Kitchener, opperbevelhebber van die Britse leër, 51 krygsgevange Boere, waarvan 44 Rebelle, as oorlogsmisdadigers laat ophang of doodskiet. Die jongste, Johannes Petrus Coetzee, was 16 jaar oud, en 15 seuns was jonger as 21 jaar.
Ná die oorlog het Scheepers se moeder, Sophia C. Scheepers, ’n roerende pleitdooi deur die koerante gerig dat sy vertel word waar haar seun begrawe lê, en om sy dagboek en ander persoonlike dokumente. Die Kaapse koerant South African News het laasgenoemde in die besit van die Rand Daily Mail, waarvan Edgar Wallace die redakteur was, opgespoor. Die Britte het verseg om Scheepers se laaste rusplek bekend te maak.
In Oktober 1950 het die digter en taalreus D.J. Opperman ’n roerende huldedig in die vorm van ’n ballade vir Gideon Scheepers geskryf. Dit is die moeder se smartvolle smeekbede om die oorskot van haar geliefde seun.
Gebed om die gebeente
Heer, waar U noordewind die droë dissel rol
en oor die skurwe brakland jaag van Afrika,
maar eindelik teen ’n doringdraad met pluksels wol
vaswaai terwyl die kraaie en die aasvoëls kla,
laat my ook ná die swerf oor die vlaktes heen nou rus
en glo my kind is dood, al hoor ek die berigte
om my krys: “Ek het hom as matroos hier aan die kus…”
“Ek: as stoker op ’n trein…” “Ek: in vaal-geel ligte
van ’n steenkooldorp se kroeg nog nou die dag gesien…”
Glo omgekoop! Of hy sou skielik blink gesteentes
smokkel… blink gesteentes! Selfs dan… Nee, miskien
lê hy tog êrens dood; maar, Heer, dan die gebeente,
wys my, gee my die drag gebeente van my skoot
dat ek nie opgejaag deur hierdie land bly swerf
en soek, maar eindelik rus en weet hy het deur die lood
onder twee mudsak ongebluste kalk gesterf.
Snags het ek soms gelê en vrees daar sou iets boos
oor hierdie kind nog kom, want in Middelburg se kerk
staan duidelik in die doopregister sy geboorte
nie na die stand van sy gesternte aangemerk.
En, soos wanneer jy tussen vinger en die duim
die wit son rol en skitter in ’n diamant,
sou hy deur Vrystaat en Transvaal se leiblou ruim
uit spieëls ons stryd laat blits en straal van rant tot rant.
Maar hy móés sterf: die Dood het self hom eers gejag
deur kou riviere van die Kaap, dwarsoor Anysberg
tot in die buitekamer op ’n plaas, waar hy een nag
in koue sweet moes lê en aan borswater sterf…
toe ’n tweede jagter hom van tent na trein, van trein
na tent met doringdraad en bajonet bewaak
en met gemete sorg van arts en medisyne
vir ’n tweede dood, o Heer, stadig gesond kon maak.
En ná die skynverhoor het hulle hom vertel…
voor Graaff-Reinet se sel. O Graaff-Reinet se sel!
Hy was gewone kryger, Heer, en geen rebel.
O Graaff-Reinet se sel… Eségiël! Eségiël!
Vergeef my die gelykenis, Heer, ek weet ’n hond
as hy versadig is, verag die been en murg
maar bêre dit agter ’n bossie in die grond
- behoedsaam, en snuffel met die tweede honger terug:
Teen middernag het op bevel ’n vyf soldate
die kalkwit bondel beendere in die kalkwit doek
met grawe en lanterns in verskeie gate
onder die roosmaryn langs die rivier gaan soek
en herbegrawe… toe U die storm word, Heer, ek weet
U en die vyand het dié nag in die vallei
deur geel geflikker in slagreëns mekaar gemeet
oor wie uiteindelik my kind se lyk sou kry.
Hy moes drie dode sterf, maar hy wat driemaal sterf
die sterf nie meer; hy word nou elke dag gesien
as ’n matroos, of stoker op ’n steenkoolwerf,
in myn of tronk, in sirkustent of ’n kantien –
hy leef in hierdie land nou ewig en altyd!
Maar soveel beendere lê onder die roosmaryn…
Seën, Here, ál die bleek gebeente van die stryd –
ek ken as moeder ná ’n halwe eeu van pyn:
een land vol skedels en gebeente, een groot graf
waaroor U noordewind die droë dissel waai
en spruit en krans vul met die afloskrete van
die aasvoëls, van die wildehonde en die kraai
- dat ons as een groot nasie in dié gramadoelas
met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel,
en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas
ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieël.
Maar reeds in 1902 het in die bundel oorlogsgedigte Songs of the veld and other Poems in Londen by die uitgewer The New Age verskyn waarin verskeie gedigte opgeneem is wat opgedra is aan die Kaapse Rebelle en hul Vrystaatse kommandant Gideon Scheepers, verkenner van genl. C.R. de Wet. Een gedig, Scheepers, is deur Elizabeth (Betty) Molteno, oudste dogter van sir John Molteno, eerste premier van die Kaapkolonie, geskryf. Sy verwys daarin ook na die dood van kmdt. J.C. Lötter, aanvoerder van die Oos-Kaapse Stormberg-rebelle, wat ook deur die Britte as krygsgevangene doodgeskiet is – eweneens ‘n oorlogsmisdaad soos die fusillering van Scheepers. Sy vergelyk Scheepers met William Wallace, die Skotse held wat teen die Engelse opgestaan het, maar deur hulle gevang en tot die dood toe gemartel het. Die treffende rolprent Braveheart , met Mel Gibson in die hoofrol, is die aangrypende verhaal van William Wallace.
Songs of the Veld and Other Poems is in Suid-Afrika verbied en eers in 2008 is dit in Kaapstad deur Cederberg Publishers heruitgegee. Dit kan verkry word by Cederberg Uitgewers, tel 021 423 5160.
Scheepers
Lotter rests well. He sleeps the quiet sleep
Which never more can blast of trumpet break
Or yell of hate disturb.
He has escaped
From out the tangled web which men call Life
Into the grand simplicity of Death.
Farewell, brave spirit: thou canst rest in peace
While storms of passion rave above thy head.
Thy work is done, and so, alas, is ours!
Lotter is gone. We have him still, that other,
Who for two years has led his little band
Of simple farmers ‘gainst the mighty hosts
Sent out to seize their land. A foe indeed!
So nimble, cool, recourceful, cunning, brave,
His name became a thing to conjure with,
Till “Scheepers,” like old William Wallace, grew
To something monstrous, fabulous, and strange.
We see him now, in years scarce more than a boy,
A dying boy, who trusted to our honour,
Unconquered, save by that old champion,
Death !
O noble capture! Deed of chivalry!
To snatch from quiet Death the prize he’d won,
And claim it as our own, – set up to gaze
Within a mumming court!
The solemn farce
Goes gravely on, and not a voice cries “Hold!
Over this man you own no shade of right!”
And England stares in blank indifference
While he sits ringed about with eager foes
Who shoot fell hatred though their blazing eyes.
“Arson”? We’ve fired a thousand happy homes.
“Murder”? Slain scores of men in coldest blood.
“Neglect and cruelty”? Does no low groan
Escape e’en now from out the fetid hold
Of drear PENELOPE to break our rest?
Does not one strangled sob steal on our ears
From out the mass of innocents
Who form the causeway for the conqu’ring march
Of “gentlemen and heroes”?
Woe is me!
If some day, our lost nation, trembling, wakes
To see in every deed what her great seer
Saw in a vision, – in the highest Heaven
Now hourly blackening o’er her island home,
The flash and gleam of the uplifted sword,
The awful glimmer from the strong white arm
Of God’s avenging Angel, – on that day
Whe England cowers in lonely shame and pride
Will one friend, only ONE, spring to her aid?
Can she or dare she hope that Africa,
Who loved and could have saved her long ago,
Now bleeding, torn, and well-nigh done to death,
Will even fall in pity on her knees
And beg of him to stay the falling crash
Of that avenging sword? God only knows.
How dare we look upon that awful day?
But sometimes, shuddering, I can think I see
Marais and Coetzee, Lotter, Claassen, Louw,
And that vast dreadful army of dead babes,
Rise from their bloody graves, and hear them say,
With sad stern gaze uplifted to the sky
Where hangs the Figure with the awful sword,
“Only through suffering will she understand,
Repent, and yet be saved. Let the sword fall.”
January 12th 1902.
(Ten days later came the news of Scheepers’ death.)
O England, what is this that thou hast done?
- A deed so black, so steeped in coward shame,
That we, thy British subjects o’er the seas,
Must weep hot tears of bitter self-contempt
To bear so foul a name. Alas! Alas!
Thou dost not know, or see, or feel. Deaf, dumb
And stony blind, thy reelest to thy ruin.
What is one young and gallant life to thee?
What matter faith and knightlihood and honour
To those who calmly starve young babes to death?
“England, thou hast already lost thy spurs!”
So spake another of they modern seers.
Thy spurs? Aye, nighthood, manhood, name and fame,
All, all are lost: and England, Milton’s England,
Now grasps at tinsel Empire in their place.
We wish her joy of her so noble choice,
And turn away our hearts to the lone grave
Where Scheepers lies, – away to brighter faith,
To nobler manhood, truer chivalry
Than ever Empires breed.
England, farewell.
Cape Colony, Jan. 24th, 1902.
Die menseregte-aktivis en skrywer Olive Schreiner, suster van die Kaapse premier William Schreiner, het ‘n roerende gedig opgedra aan al die jong Boere-rebelle en vryheidstryders wat hul lewe vir vryheid en reg in hierdie onregverdige en ongeregverdigde oorlog afgestaan het.
The Cry of South Africa
Give back my dead!
They who by kop and fountain
First saw the light upon my rocky breast!
Give back my dead,
The sons who played upon me
When childhood’s dews still rested on their heads.
Give back my dead
Whom thou has riven from me
By arms of men loud called from earth’s farthest bound
To wet my bosom with my children’s blood!
Give back my dead,
The dead who grew up on me!
- Wagenaarskraal, Drie Susters, 9 May 1900
In dieselfde bundel verskyn ‘n gedig deur C. Louis Leipoldt, indertyd ‘n jong Kaapse joernalis en oorlogskorrespondent vir talle oorsese koerante en die Kaapse pro-Boer-koerant South African News , waarin hy hom sterk uitspreek oor die oorlogsmisdade van die Britse leër jeens die Afrikaners.
The Executions in Cape Colony; A Fragment
The gibbet and the grave gave life, and will
Give life again to those that strive and strain
For freedom and its cause; nor strive in vain
Those whose desires need force and cords to kill.
The thing is done; or right or wrong ‘tis done,
And only the remembrance shall endure.
But not the memory of a wrong shall stand
More firm or rooted faster or more sure.
And it shall serve to keep this dismal land
More dismal till the final aim is won.
- Cape Town, July 30, 1901
En in 1948, toe die Nasionale Party van dr. D.F. Malan die Verenigde Party van genl. Jan Smuts by die stembus verslaan het en die eerste keer die mag uit die hande van Brittanje gepluk het, het Leipoldt, wat groot verwagtinge vir Suid-Afrika gekoester het, hom teen die volgehoue herinnering aan die Scheepers-onreg uitgespreek. Hy wou hê die Afrikaner moet vergewe en vergeet. Min kon hy weet dat die oorlog wat Brittanje met die Afrikaners in 1796 met die Eerste Britse inval by Muizenberg begin is, tot die 21ste eeu sou voortwoed totdat hulle as magtelose en weer eens onderdrukte minderheid, vreemdelinge in hul geliefde vaderland sou wees.
Daar lê groot wyhede in die woorde: “Wie die lesse van die verlede vergeet, is gedoem om dit te herhaal. En wie die geskiedenis wil ignoreer, moet onthou dat die geskiedenis hom nie sal ignoreer nie.”
Droom en doen
“Scheepers lê begrawe in Graaff-Reinet se sand!”
Kêrel, droom jy nog van gisternag?
Vol aanlokkende kleure in die blomtuin van ons land;
Voller nog die toekoms wat ons wag.
Weg is tent en wasbank van die konsentrasiekamp;
Weg die skrik van Martjie Louws gesag:
Weg die las van smarte wat so aaklig op ons harte
Swaar gedruk het in die wrede, ellendige oorlogsdag.
“Scheepers lê begrawe in Graaff-Reinet se sand!”
Kêrel, droom jy nog van gisternag?
Hoor hoe raas die stampers bo-op die Witwatersrand,
Net soos branders van die see so sag;
Oor die hoë dakke, oor die wye veld,
Op die koel wind in die middernag,
Vreugdevol, tevrede met die werk en plig van hede,

Die verhoor van Gideon Scheepers. Hy sit aan die verste end van die tafel, en C. Louis Leipoldt, destyds oorlogskorrespondent vir verskeie koerante, sit met sy rug na die kamera.
Sing hul sag ’n welkom vir ons beter, nuwer dag.
“Scheepers lê begrawe in Graaff-Reinet se sand!”
Kêrel, droom jy nog van gisternag?
Waar die veld verskroei is deur die woeste najaarsbrand,
Kan jy weeld’rige weiland-gras verwag:
Siele wat gefolter is deur pyn en skimp en smart,
Word gelouter deur hul eie krag.
Wil jy vyand lewe, nooit vergeet en nooit vergewe,
Bitter bly alleen staan as ons groet ’n beter dag?
“Scheepers lê begrawe in Graaff-Reinet se sand!”
Kêrel, droom jy nog van gisternag?
Speur jy nog geen dagskyn in die ooste oor ons land,
Goue lig wat helder teen ons lag?
Dra jy nog jou droefnis, wat die duister duisendmaal
Donkerder sal maak as middernag?
Sit jy nog te temer in eergistraand se skemer?
Ons het reeds geworstel met die taak van nou vandag.
“Scheepers lê begrawe, in Graaff-Reinet se sand!”
Kêrel, droom jy nog van gisternag?
Plaas jou liefde en ywer, alles wat jy het, as pand
Vir die luister-toekoms wat ons wag.
Hy’s die grootse patriot wat al die mensdom min,
Wat vergifnis bo vergelding ag:
Wat kan ly en lewe, bloed versoen, en haat vergewe,
Altyd yw’rig werksaam vir ’n beter, nuwer dag.
Broeder, toe die noodlot ons gelei het tot die rand
Waar vertwyf’ling niks sien as die nag;
Suster, toe die doodswolk donker oor ons vaderland
Oorgetrek het met die Dood se mag,
Was jou siel so stukkend dat dit nie meer siel kon wees,
Nie meer lig kon uitstraal uit sy krag,
Nie meer mens kon heet nie wat die Liefde nooit vergeet nie,
Sterker en gelouter vir ’n nuwer, beter dag?
“Scheepers lê begrawe in Graaff-Reinet se sand!”
Kêrel, laat hom rus tot opstaan-dag!
Wat herin’ring vashou vir die smarte van ons land
Staan vir ewig as vergelding wag.
Elke smaad en onreg op die aarde word vergeld!
Joue nie die plig daarvoor en mag:
Joue nie die oordeel – was dit nadeel, vrind, of voordeel?
Joue net te arbei vir ’n nuwer, beter dag.
* Kry inligting oor die saamtrek op Graaff-Reinet op Saterdag 21 Januarie 2012 by www.suidland.com











