Die Khoi-Khoi-herders

Khoikhoi woven baskets

Khoi-Khoi-artefakte, soos geteken deur Anders Sparrman in sy boek ’n Reis na die Kaap die Goeie Hoop van die jaar 1772 tot 1776: geweefde mandjies

Khoikhoi bracelet

Khoi-Khoi-artefakte: leer-armband met krale as versierings

Die Khoi-Khoi (die vroeë wit setlaars het hulle “Hottentotte” genoem) was afstammelinge van jagter-versamelaars wat eeue tevore waarskynlik in die huidige Botswana vee in die hande gekry het. Met hul veewagter-ekonomie kon hulle ’n groeiende bevolking aan die gang hou. Hulle het taamlik vinnig orals in Suider-Afrika versprei. Dié wat oos beweeg het, na gebiede met ’n hoë reënval, het oor eeue heen waarskynlik deel geword van Bantoesprekende samelewings wat vee gehad én gesaaides versorg het. Dié wat suid en wes beweeg het, het hul suiwer herder-ekonomie behou.

Toe die Europese nedersetting in die middel van die 17de eeu begin, was Khoi-Khoigroepe wat die Namakwa genoem is, steeds in die huidige Namibië en Noordoos-Kaapland gevestig. Ander, met inbegrip van die Korana, het langs die Oranjerivier gewoon en nog ander, onder andere die Gonakwa, het in die Oos-Kaap tussen die Xhosa gewoon. Die
grootste Khoi-Khoi-konsentrasie, wat seker tienduisende sterk was, het in die geil weiveld van Suidwes-Kaapland gewoon. Hierdie “Kaapse Khoi-Khoi” was die eerste Afrikabevolking wat die spit teen wit nedersetting moes afbyt.

Die Khoi-Khoi Samelewing

Die Khoi-Khoi en die San

Handel met die Europeërs

Comments are closed.