Die ontstaan van swart politieke gemeenskappe

African cultural groupings

African cultural groupings

Die volksverskuiwings in Suider-Afrika oor eeue heen word in ouer geskiedenisboeke gewoonlik “Bantoe-migrasies” genoem. Hulle is op kaarte met dik swart pyle aangedui om die rigting van “roetes” te toon. Natuurlik was daar migrasies in die sin van doelbewus gemotiveerde woonplek-verwisselings, maar dit is ’n swak beskrywing van die proses waardeur die grootste deel van Suider-Afrika bevolk is deur mense wat verwante Bantoetale gepraat het.

Migrasie impliseer vinnige beweging, maar die argeologiese getuienis toon dat Bantoesprekendes oor eeue heen geleidelik deur Suider-Afrika versprei het. Migrasie impliseer ook nomadiese en ankerlose swerftogte, maar dit strook nie met die sterk verbintenis wat Ystertydmense met hul woonplekke getoon het nie. Laastens impliseer migrasie die bewoning van een plek deur ’n omskrewe groep mense, maar in Suider-Afrika was die verspreiding van sommiges nie noodwendig ten koste van die verplasing van ander nie.

’n Historiese perspektief toon dat twee duidelike en teenstrydige prosesse die vroeë geskiedenis van die Ystertyd in Suider-Afrika beïnvloed het – segmentering en differensiëring.

Ons noem die proses waardeur een groep in twee of meer verdeel, segmentering. In ’n huishouding het dit gebeur wanneer die seuns grootgeword en elders hul eie huishoudings gaan vestig het. ’n Tekort aan natuurlike hulpbronne het nedersettings laat verbrokkel, al was hulle steeds deur verwantskap en sentiment met die oorspronklike huishouding verbind. Dié soort segmentering was dus ’n deurlopende natuurlike proses, en ’n gevolg van die ewigdurende menslike siklus van voortplanting en groei.

Ons noem die proses waardeur bepaalde individue politieke, maatskaplike en ekonomies mag oor ander bekom, differensiëring.

Segmentering

Differensiëring

Kliënte en kliëntskap

Streeksontwikkeling en nedersetting

Vroeë handel

Die Sotho-Tswana

Die Nguni

Die Venda

Die Lobedu en Tsonga

Die hoofmanne word sterker

Comments are closed.