Anderkant Die Sandvlakte

Sewentien jaar ná Van Riebeeck se vertrek het die nedersetting nog nie tot anderkant die sandvlakte rondom die skiereiland uitgebrei nie, hoofsaaklik weens volgehoue weerstand deur die Khoi-Khoi. Toe dié weerstand teen die einde van die 1670’s verkrummel, het die Kompanjie besluit om die nedersetting tot anderkant dié sandvlakte uit te brei. Daar was nou 142 volwasse vryburgers, die helfte van hulle boere. Simon van der Stel, wat in 1679 as kommandeur van die Kaapse nedersetting aangekom het, het opdrag gekry om toesig oor die uitbreiding te hou.

In 1679 het Van der Stel die nedersetting Stellenbosch sowat 50 km van die fort in Tafelbaai af gestig. Kort daarna het die regering ’n drosdy (setel van die plaaslike owerheid) gebou, ’n beampte as landdros aangestel, en vier burgers as heemrade.

Die regering het geen perk op die grootte van plase by Stellenbosch gestel nie. Die mark was ver weg, en die paaie moeilik begaanbaar, dus is grond wat vir akkerbou geskik is, meestal as weiveld gebruik. Feitlik dieselfde patroon het op Drakenstein (later Paarl). Franschhoek, Tygerberg, Wagenmakersvallei (Wellington), Swartland (Malmesbury) en die Land van Waveren (Tulbagh) na vore gekom.

Die koms van die Hugenote

Duitse immigrante

Drie belangrike besluite

Die keuse vir burgerprodusente

Die keuse vir slawe-arbeid

Die keuse vir onstelselmatige kolonisering

Comments are closed.