Hutspot Van Botsings

Die Britte is sommer gou teësinnig by ’n grensgeskil betrek. Van 1799 tot 1836 het verskeie sogenaamde grensoorloë tussen die Xhosa en die grensboere uitgebreek. Net soos voor 1795 was die botsings altyd oor vee en grond, en daar was nooit enige oorlogsverklaring nie. ’n Mens kan die vyandighede as ’n verhewiging van strooptogte eerder as oorloë met duidelike doelwitte beskou. Die oorloë het die konflik inderdaad eerder vererger as wat dit ’n oplossing gebied het.

Die botsings is feitlik altyd deur ’n interne magstryd in onderskeidelik die Xhosa- en Boeregemeenskap aan die gang gesit. In die vroeë jare van die Britse bewind was daar steeds ’n duidelike magsvakuum. Leiers het met onbesonne dade die brose magsewewig en stabiliteit bedreig. Nou het daar ’n nuwe element bygekom: Britse goewerneurs en militêre offisiere wat geen begrip vir die ingewikkeldhede van die grenskonflik gehad het nie, en hul eie op lossings
wou afdwing.

’n Onstuimige grens

’n Halsoorkop vlugtog

“Behoorlik die skrik op die lyf jaag”

“Streng en gelyke geregtigheid”

Die Slagtersnekrebellie

Comments are closed.