’n Komplekse Nedersetting

Orphanage in Amsterdam

’n Weeshuis in Amsterdam. In die vroeë jare het talle weesmeisies Kaap toe gekom. Die meeste van die 55 Europese vroue in ’n vrye bevolking van 259 aan die Kaap was waarskynlik weeskinders. Talle het stammoeders van Afrikanerfamilies geword.

Die Europese erfenis van vryheid, die reg tot vrye beweging en bevraagtekening van wêreldlike en geestelike gesag het koppe gestamp met die Oosterse invloed van slawerny, hiërargie, standbewustheid en – onder die armer Europeërs – ’n vrees vir gelykstelling met slawe. Vir die Europeërs aan die Kaap het die twee tradisies dus gebots. Daar was geen skerp rasseskeiding nie. Arm Europeërs en weerlose slawe is saamgegooi in ’n nedersetting waar die natuurskoon nie kon verbloem dat mense in harde en dikwels wrede omstandig hede moes oorleef nie.

Op 6 April 1652 het drie Nederlandse skepe in Tafelbaai anker gegooi, en sowat 90 Europeërs het aan wal gegaan. Hulle het in tente en hutte gewoon terwyl hulle ’n fort, wat hulle die Goeie Hoop sou noem, op die terrein van die huidige Parade gebou het. Hulle kon ’n jaar later hul intrek daarin neem, maar die volgende jaar het Fort de Goeie

Slave ship the Leijdsman

Die slaweskip Leijdsman. Die Nederlanders het hul slawe eerder deur handel as strooptogte gekry. Slawe is meestal vir vuurwapens, brandewyn en Spaanse reale verruil. Die kontantprys het tussen 20 en 30 riksdaalders gewissel. (’n Riksdaalder was gelyk aan vier Britse sjielings.) Die illustrasie kom uit die dagboek van Hendrik Frappe, wat uit 1715 dateer.

Hoop se grondmure begin instort. ’n Klein nedersetting wat De Kaap genoem is, het sy grense stadig begin uitbrei. Die Kompanjiestuin was ’n entjie van die fort geleë, en by Rondebosch verder suid het die Kompanjie sy eie plaas en boord gehad. Hier is ’n pakhuis met die naam Groote Schuur gebou. Die eerste vryburgers het weerskante van die Liesbeekrivier plase gekry.

Daar is in 1666 met die aanbou van die Kasteel begin om die Fort de Goeie Hoop te vervang, maar die meeste bouwerk is eers elf jaar later voltooi. Aanvanklik is kerkdienste (vir die Kompanjie se werknemers verpligtend) in die fort en later in die Kasteel gehou. ’n Kerkgebou is eers in 1704 voltooi.

’n Eerste skool, wat slawe van alle ouderdomme aanvaar het, het in 1658 onderrig begin gee. Die leerlinge het as aansporing ’n sopie brandewyn en tabak gekry. Die eerste openbare skool het in 1663 geopen, en sy leerlinge was meestal kinders van Kompanjiesdienaars. Buite Kaapstad is die eerste openbare skool in 1683 op Stellenbosch gestig. Soos in Kaapstad het swart en bruin en wit kinders saam skoolgegaan.

Vir die eerste drie dekades was die meeste immigrante ongetroude Nederlandse mans. In 1688 het ’n groot groep Franse Hugenote – meestal gesinne – aangekom. Hulle het bykans een vyfde van die totale Europese bevolking uitgemaak. Van die middel 1680’s tot 1729 het 289 Hugenote in totaal aangekom. Buiten die Franse vroue was die vroulike Europese immigrante Nederlands; sommiges was weesmeisies. In die 18de eeu was die meeste manlike immigrante ongetroude Duitsers.

Vrye en onvrye immigrante

Die eerste vryburgers

’n Oorlewingstryd

Burgers in regering

Comments are closed.