Weerstand Teen Koloniale Uitbreiding

Aan die begin van die 18de eeu het die Hessekwa, Gourikwa en Attakwa ongesteurd op die breë kusvlakte anderkant die Hottentots-Hollandberge gewoon. Die Gona en Hoengeikwa was verder oos, in die gebied tussen die Vis- en Gamtoosrivier. Die Khoi-Khoi het die 18de eeu as ’n tyd van stryd en trauma ervaar, want die een katastrofe na die ander het hulle getref. Na raming het net een uit tien die pokke-epidemie van 1713 in die Suidwes-Kaap oorleef. Daar was ook in die 1750’s en 1780’s epidemies wat die helfte van die Gona, een van die grootste groepe in die ooste, uitgewis het. Brandsiekte en ander siektes het hul veetroppe sterk uitgedun. Van die 1750’s af het Xhosa-clans van die ooste op die Gona se lewensruimte begin inbreuk maak, terwyl trekboergesinne een-een oor die Breederivier begin beweeg en al hoe verder oos grond begin beset het.

Weens die Khoi-Khoi se betreklik swak politieke samehorigheid was dit vir hulle baie moeilik om Sanstrooptogte af te weer. In 1752 het ’n Nederlandse waarnemer oor die Gona in die ooste geskryf:

“[Al] die [Khoi-Khoi] wat voorheen ryk aan beeste was, het nou weens diefstal deur die Boesmans niks oor nie. Sommiges is doodgemaak, en sommige is weens oorlog met mekaar en met die [Xhosa] verstrooi. Dié wat nog hier en daar oor is, bestaan uit ver skillende groepe wat saamgespan het. Hulle leef soos Boesmans deur te steel, te jag en enigiets te eet wat hulle in die veld of langs die kus kan kry.”

Dié mense wat “soos Boesmans” geleef het, was in sommige gevalle inboorlinge wat ander tale as Khoi-Khoi gepraat het en wie se voorsate lank voor die koms van die Khoi-Khoi of die Xhosa jagters in die gebied was. Hulle het nie beeste geteel nie, maar wanneer die nood gedruk het, het hulle geleer hoe om hulle op te pas deur vir die Khoi- Khoi te werk. Daar was ook Khoi-Khoi onder hulle wat hul vee kwyt was en nou gejag en gestroop het in die poging om weer op die been te kom.

San-weerstand

Die Khoi-Khoi onder druk

Comments are closed.