Godsdiens En Kultuur ’n Ander Soort Sending

‘n Tweede soort sending, wat die owerhede minder geval het, is gestig deur Johannes Theodorus van der Kemp, ’n energieke Nederlandse lid van die Londense Sendinggenootskap (LSG). Van der Kemp was ’n briljante geleerde en leëroffisier, en is ná die dood van sy vrou en kind in ’n frats-bootongeluk dramaties tot die evangeliese Christendom
bekeer. Bethelsdorp, die sendingstasie wat hy in 1802 naby die toekomstige Port Elizabeth gestig het, het later ’n sterk simbool in die geskiedenis van Suid-Afrika geword (sien n Halsoorkop vlugtog)

Talle Khoi-Khoi het die Bethelsdorp-sendingstasie as ’n toevlugsoord beskou waar hulle aan die wit boere se arbeidseise kon ontsnap. Op hul beurt het die boere dit beskou as ’n skuilplek vir Khoisan wat hul kontrakverpligtinge verbreek het. Die asketiese en geleerde Van der Kemp wat hom min aan die bestaande wit norme vir kleredrag en sosiale gedrag gesteur het, was onder grensboere baie ongewild. Hy het met ’n veertienjarige slawemeisie van Madagaskar getrou, en die boere se arbeidspraktyke sterk gekritiseer. Teen sy dood in 1811 het hy meer as 100 Khoisan gedoop.

Dr. John Philip, superintendent van die LSG wat een van die hooffigure in die rassepolitiek in Suider-Afrika van die 1820’s tot die 1840’s was, het Van der Kemp se politieke radikalisme voortgesit (maar nie sy onkonvensionele lewenswyse nie). Philip het hom vir die gelyke regte van Khoisan en wittes in die Kaapkolonie beywer en probeer om die onafhanklike Afrikakoninkryke teen uitbreiding te rugsteun. Dit het hom ’n eeu lank die onmin van koloniste op
die hals gehaal, onder meer van die Voortrekkers wat uit die Kaapkolonie wou trek na iewers waar “die oorheersing van doktor Philip nie erken word nie”.

Johannes van der Kemp en gelykstelling

Comments are closed.