’n Groot Trek

A trekker family

Die Groot Trek was deels ’n ordelike massarebellie teen ’n veiligheid situasie wat die deelnemers as onhoudbaar beskou het. W.H. Coetzer het hierdie geïdealiseerde trekkergesin geteken.

Twee strome Afrikanertrekkers het die kolonie in die tweede kwart van die 19de eeu verlaat. Die eerste was die mense wat trekboere genoem is. Hulle het as individuele gesinne oor die grens getrek op soek na beter weiveld; die tweede stroom het saam in groepe vertrek en het politieke kwessies vir hul trek aangevoer. Hulle is later Voortrekkers genoem, en hul trek uit die kolonie die Groot Trek.

Hul trek was ’n dapper en dramatiese reaksie op ’n politieke krisis in die oostelike en noordoostelike distrikte van die Kaapkolonie van die middel 1820’s tot die einde van die 1830’s. Dit was ’n betreklik ordelike massarebellie teen die verbrokkeling van veiligheid en ’n situasie wat die trekkers as onhoudbaar beskou het. Teen 1845 het sowat 2 300
gesinne of 15 000 wit mense – bykans een vyfde van die kolonie se blanke bevolking – saam met sowat 5 000 knegte vertrek.

Redes vir hul vertrek

Te min grond

Te min arbeid

Te min veiligheid

Politieke marginalisering

“ ’n Vreemde en ontroerende gesig”

Die binneland in

Broedertwis

AANVULLENDE LEESSTOF:  Kaap van Slawe: Die Britse slawebedryf van 1562 tot 1910 – Met spesiale verwysing na die Kaap die Goeie Hoop vanaf 1680 deur Marthinus van Bart, Historical Media, Tokai, 2012.

Comments are closed.