Die Beeste Is Weg

Porters with ivory

Pakdraers met ivoor op die strand. Die ivoorhandel was winsgewend; ná die Boere Schoemansdal in 1867 verlaat het, het die Venda en Tsonga ivoorhandel oorgeneem.

Koloniale indringing was ’n ramp vir tradisionele Afrika-gemeenskappe wat klaarblyklik nie genoeg hulpbronne gehad het om die aanslag van phesheya (daar buite) af te weer nie. Vir 18de-eeuse Afrikane moes wesens van anderkant die see gelyk het soos ruimte-wesens vandag vir ons sou lyk. Hoewel Afrika-samelewings teen ’n oormag van vuurwapens en hulpbronne moes veg, het hulle ’n veerkragtigheid gehad gebaseer op maatskaplike, ekonomiese en kulturele samehorigheid. Hulle het hulle baie jare lank verset, maar talle nederlae op die slagveld het onvermydelik ’n skikking met en oplaas opname in die ontluikende globale samelewing en kultuur meegebring.

In dié afdeling word op die Xhosa se ervaring gekonsentreer, want hulle het die Europeërs die langste weerstaan, en dit is deeglik aangeteken. ’n Mens moet egter onthou dat variasies van dié ervaring in elke ander deel van Suid-Afrika voorgekom het.

Die Nongqawuse-katastrofe

Die kleinboerbeweging

Comments are closed.