
Die uitbreek van die Suid-Afrikaanse Oorlog word op die voorblad van ’n Oos- Kaapse koerant aangekondig.
Die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) van 1899-1902 bly die verskriklikste en mees vernietigende moderne gewapende stryd wat Suid-Afrika belewe het. Die skokgolwe daarvan is nog lank ná die vredesluiting in Mei 1902 gevoel, en bly ’n kragtige gebeurtenis in die vorming van die geskiedenis van Suid-Afrika in die 20ste eeu. Een manier om die betekenis daarvan te begryp, is om dit, soos party geskiedkundiges gedoen het, te beskou as ’n konflik wat net so belangrik vir die vorming van die moderne Suid-Afrika is as wat die Amerikaanse Burgeroorlog vir die geskiedenis van die VSA was.




