Die Verhaal Van Goud

Woven golden bracelet

’n Goue armband uit die vrouegraf by Thulemela. Altesame 291 goue krale, vermoedelik die oorblyfsels van ’n arm- of nekband, is in die graf ontdek

Remains of Limpopo's Thulamela

Thulemela in Limpopo was 600 jaar gelede ’n bloeiende vesting. Die illustrasie toon die graf van vermoedelik ’n vername vrou, wie se stofl ike oorskot met juweliersware van goud versier was.

Die goudrif, waarvan George Harrison ’n deel op die plaas Langlaagte aan die Witwatersrand ontdek het, het Suid-Afrika vir ewig verander. Die ontdekking van diamante en goud het die mynbedryf en ’n industriële revolusie van stapel gestuur. Diamante, steenkool, goud was alles dinge wat van groot ekonomiese belang vir die wêreldmag Groot-Brittanje was. In Suid-Afrika het daar in die 50 jaar ná die vestiging van die goudmyne nuwe sosiaal-ekonomiese klasse ontstaan. In hierdie periode is daar magnate en swerwers, miljoenêrs en bankrotspelers, winkeliers en entrepreneurs gemaak. ’n Nuwe werkersklas het ook verskyn – een wat diep verdeeld was langs sowel kleur- as maatskaplike lyne. Dit is slegs in die werkplek waar swart en wit werkers sou ontmoet, en dan in voorafbepaalde en streng hiërargiese verhoudings.

In Suid-Afrika is goud al eeue lank voor kolonialisering ontgin. Die kunstig bewerkte goud in Mapungubwe en Thulamela en ander ou terreine in Limpopo van vier of vyf eeue gelede bied volop getuienis hiervan. Van 1834 af en daarna was daar ook ontdekkings deur prospekteerders. In 1852 en 1853 het wit prospekteerders spore van goud in die weste aangetref, en daarna weer in 1870 toe Henry Lewis ’n gouddraende rif op ’n plaas met die naam Blaauwbank geïdentifiseer het. Later het prospekteerders op sirkelvormige skagte op die plaas Rietfontein (in die huidige

Mountain at Mapungubwe

Die Mapungubwe-heuwel in Limpopo met sy asemrowende uitsig is nou ’n Wêrelderfenisterrein. Die nedersetting op die heuwel was die middelpunt van ’n koningkryk met ’n bevolking van 5 000 wat handel gedryf het in ivoor, koper en goud.

Ekhuruleni) afgekom.

Dit het later geblyk dat daar oor ’n afstand van 12 km tot 13 km in die noordelike helling van die Witwatersrand talle ou tinuitgrawings deur vroeë swart mynbouers was. Klein, skaars volhoubare spoelgoudmyne was in die 1870’s in werking, asook die myne by Pelgrimsrus in vandag se Mpumalanga. In die dekade wat hierop gevolg het, was prospekteerders in die Sterkfontein- en Wilgespruit-omgewing doenig. Toe kom daar die ontdekking van ’n dagsoom met gouddraende erts op die plaas Langlaagte.

Hierdie ontdekking was so belowend dat ’n openbare delwery in April 1886 geproklameer is. Kort nadat die Hoofrif in 1886 ontdek is, is gevind dat dit deur Langlaagte oor byna 50 km na die ooste en die weste strek. Die tentedorp van gretige (slegs wit) prospekteerders van oraloor het vinnig gegroei. Die dorp is genoem na Johann Rissik, die waarnemende landmeter-generaal, en Johannes Pieter Meyer, die veldkornet van die wyk. Dit het byna onmiddellik tot ’n stad aangegroei (sien Johannesburg: ‘n Kitsstad).

Die geesdrif het oor die volgende paar jaar effens afgeneem toe besef is dat hoe talryk die ertsafsettings ook al was, hulle maar taamlik dun was en dat die goudlaag onegalig endiep onder die grond lê. Dit het begin lyk asof hierdie vonds, net soos by Pelgrimsrus, ook maar ’n kortstondige meevallertjie sou wees.

Die opkoms van mynkorporasies

Werwing van trekarbeiders

Die wit arbeidsmag

Die werk en gesinne van trekarbeiders

’n Patroon vir die land

Comments are closed.