Die Weg Na Unie

Chief Bhambatha with an attendant

Bhambatha (regs) met ’n lid van sy gevolg. ’n Rebellie gelei deur die hoofman Bhambatha van Zondi in die distrik Greytown het vroeg in 1906 uitgebreek weens Zulu-ontevredenheid oor die hut- en kopbelasting en die vervreemding van hul grond. Die Natalse owerheid het die opstand kragdadig onderdruk. Baie rebelle, ook Bhambatha self, is dood.

Die konsep van Britse heerskappy het voorsiening gemaak vir die vereniging van die verskillende streke van Suid-Afrika in een staat onder die Union Jack. Die opvatting het posgevat dat in die geval van oorlog ’n verenigde Suid-Afrika vir Brittanje meer werd sou wees as vier afsonderlik geregeerde kolonies.

Daar was twee kommissies wat Suid-Afrikaanse eenheid voorgestaan het. Die Selbornememorandum, wat na die  destydse hoë kommissaris genoem is, het die voordele beklemtoon vir wit Suid-Afrikaners om hul kragte saam te snoer. Die Lagden-kommissie is aangestel om aanbevelings te maak met betrekking tot ’n gemeenskaplike naturellebeleid vir al die Suid-Afrikaanse state. Rasseverhoudinge ná 1905, veral in Natal, het veroorsaak dat baie wittes in Suid-Afrika ten gunste van politieke samesmelting van die vier kolonies was. Die sogenaamde Bhambatha-rebellie van 1906 was die grootste en gewelddadigste manifestasie van rassekonflik sedert die Anglo-Zulu-Oorlog van 1879.

Mythical Britannia sealing the peace

’n Mitiese Brittania beseël die versoening tussen die voormalige vyande deur in te stem tot die Suid-Afrika-wet, wat die Unie van Suid-Afrika in 1910 in die lewe geroep het. Swart mense fi gureer hoegenaamd nie.

Die gebeure wat tot die Bhambatha-rebellie aanleiding gegee het en die hardhandige onderdrukking daarvan in 1906 het veroorsaak dat die Liberale in Brittanje federasie steun. Hulle het gemeen dat ’n sterk sentrale gesag die ergste oordadigheid van die Natalse owerhede se behandeling van hul swart bevolking sou temper. Selfs in Suid-Afrika het M.T. Steyn, die voormalige president van die Oranje-Vrystaat, die ‘‘histerie se wyse waarop Natal die naturellevraagstuk hanteer’’, gekritiseer. Ander het weer die behoefte aan ’n sterk Suid-Afrikaanse verdedigingsmag as die belangrikste les van die Bhambatharebellie gesien, want alhoewel die Natalse burgermag die opstand verpletter het, sou latere swart opstande moontlik nie so maklik onderdruk kon word nie.

Vrees vir gemeenskaplike swart aanvalle op wit gesag het voortgeduur, en swart weerstand het ’n verskeidenheid vorme aangeneem. Die historikus Charles van Onselen het die aandag gevestig op die swart bendes Nineviete wie se optredes (en misdade) in Transvaal dikwels op swart trekarbeiders en inwoners van die stedelike lokasies gemik was. Ekonomiese konkurrensie tussen die state, wat veral uit spoorwegtariewe en doeanebeleidsbepalings geblyk het, het nie verdwyn toe al die gebiede Britse kolonies geword het nie; en die doeane-unie van 1903, wat wesenlik ’n tydelike kompromie was, kon ook nie die probleem oplos nie. Unifikasie sou hierdie konkurrensie verlig.

Daar was dus ’n verskeidenheid redes waarom unifikasie of federasie vir Suid-Afrikaanse leiers aantreklik was. Steyn en Hertzog het geglo dat dit Afrikanernasionalisme sou versterk, terwyl Botha en Smuts oortuig was dat dit beter geleenthede vir selfbeskikking binne die ryksraamwerk sou bied. Aanvanklik was hierdie leiers egter nie beïndruk met Selborne se memorandum nie. Hulle was besorg dat die samesmelting van die Suid- Afrikaanse state nie oorhaastig moes geskied net om die ryk te pas nie.

’n Nasionale Konvensie

Swart verwerping

Comments are closed.