Die African National Congress Herleef

In die middel-1940’s het die ANC begin om hom in ’n massa-organisasie te omvorm. A.B. Xuma, die president, het ’n grondwet bedink wat die fondament vir strukture op voetsoolvlak gelê het. Hiervolgens kon die takke ’n deel van die ledegeld behou en heeltydse beamptes uit sy eie sak betaal. ’n Jong groep afgestudeerdes van Fort Hare het in 1944 die ANC se Jeugliga gestig. Hulle wou die ANC in die rigting van militante nasionalisme stuur wat swart rassetrots en kultuur-outonomie beklemtoon, en wou ook die oueres se steun vir ’n strategie van militante massa-aksie werf. Die lede van die Jeugliga het inspirasie geput uit die opkoms van swart werkersorganisasies sowel as die kollektiewe magsvertoon tydens die stedelike armes se busboikotte en plakkersbewegings.

’n Staking deur swart mynwerkers in 1946 is kragdadig onderdruk, maar het die Jeugliga laat besef dat die swart werkers ’n sterk mag is wat deel van ’n nasionalistiese program sou kon word. Lede van die Jeugliga het in die ANC se hoofbestuursverkiesing van 1949 hoë ampte verwerf en die organisasie se steun vir hul aksieprogram gekry.

’n Aktivistebeweging ontstaan

Die ‘‘Defiance Campaign’’

Gemobiliseerde weerstand

Die Vryheidsmanifes

‘‘Strijdom, tref ’n vrou, tref ’n maalklip’’

Mandela en die ANC in die 1950′s

Comments are closed.