Die Swartbewussyn-(SB)-beweging wat in die 1960’s ontstaan het, was ’n hegte deel van die evolusie van swart weerstand wat van die koloniale tyd dateer. Nogtans was die SB eiesoortig, want dit het al hoe meer swart universiteitstudente ingesluit, was in wisselwerking met die National Union of South African Students (Nusas), ’n studentegroep wat teen apartheid gekant was, en het hom teen die meedoënloos diskriminerende praktyke deur ’n al hoe meer selfversekerde wit regering verset.







