’n Gevange Held En ’n Demokratiese Front

Die Nkomati-verdrag en die Driekamerparlement het die Weste se druk op die wit bewind in Suid-Afrika net effens verlig. Dié het binnekort voor ’n tweeledige binnelandse uitdaging gestaan: die een deur ’n man wat al langer as twintig jaar op Robbeneiland in die tronk was, en die ander deur ’n demokratiese front wat in talle opsigte die ANC se vriendelike gesig was.

Teen die middel-1980’s het die veldtog om die vrylating van Nelson Mandela en sy kamerade op Robbeneiland te bewerk, ’n feitlik globale aangeleentheid geword waaroor feitlik almal eensgesind was. Selfs vriendelike regerings soos dié van Margaret Thatcher in Brittanje het druk op Botha geplaas om Mandela en sy kamerade vry te laat en met die ANC en ander partye wat nie aan die gewone politiek in Suid-Afrika kon deelneem nie, te skik. Die probleem was dat die leiers van die NP, met inbegrip van Botha, hul volgelinge dit al so lank ingeprent het dat kommuniste die ANC oorheers en sterk tot die gewapende stryd verbind was. ‘‘Ons het ons self in ’n hoek gedruk,’’ het Botha aan sy minister van justisie gesê, en toe gevra: ‘‘Is daar ’n uitweg?’’

Die United Democratic Front

’n Stryd teen die Grondwet

’n Mededingende front

Comments are closed.