Die Strewe Na Groei En Herverspreiding

’n Informele ooreenkoms wat swart en wit gemeenskappe saamgesnoer het, het aan die oorgang ten grondslag gelê. Die politieke mag sou na swart mense gaan, maar danksy eiendomsregte sou welvarende wittes hul welvaart behou. Groot wit ondernemings sou swart sakelui help om aandele in hul korporasies te verkry, en wittes met gevorderde vaardighede sou seker wees van werk in ’n ekonomie wat ’n hoë groeikoers en ’n doeltreffender ekonomie sou probeer bewerkstellig deur die private sektor te bevorder. Thabo Mbeki moes die ekonomiese deel van dié ooreenkoms aan die seëvierende ANC verkoop. Dit was ’n reuse-taak. Talle ANC- en Cosatu-leiers het sosialisme aangehang en grootskaalse staatsinmenging verwag wat armes sou help, die gaping tussen wit en swart vinnig vernou en ’n beter lewe vir almal sou skep.

In die twee dekades van 1973 tot 1994 het ekonomiese groei drasties afgeneem. Daar was ’n geweldige daling in vaste belegging, ’n toename in werkloosheid en ook ’n styging in armoede- en ongelykheidsvlakke. Swartes het aan die kortste ent getrek. Voorts was fisiese en maatskaplike infrastruktuur soos behuising, gesondheid, onderwys, sanitasie, water en elektrisiteit, ná dekades van verwaarlosing vir die meeste swart mense hopeloos ontoereikend. In die laaste jaar van die NP-regering het die begrotingstekort tot 10,8% van die BBP gestyg; die verhouding van totale nasionale skuld tot die BBP was 52,8%; die inflasiekoers was 8%.

Vuurdoop

Twee benaderings

Groter mededingendheid

Rassebevryding en herverspreiding

‘‘Selfverryking van die enkeles’’

Die ANC se linkses steek vas

Comments are closed.