Hierdie webwerf bestaan uit die inhoud van ‘n boek, Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, geredigeer deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga. 31 voorste geskiedkundiges deel hulle insigte en nuwe benaderings tot die storie van hierdie land. Internasionale navorsing is verweef in ‘n verhaal wat die geskiedenis lewendig maak. Leesbaar en gesaghebbend – hierdie is die storie van Suid-Afrika soos dit nog nooit te vore gehoor is nie!
Jy kan ook ‘n bydrae lewer, jou kennis met ander deel en ‘n artikel skryf. Gaan na die wiki en skryf self ‘n artikel oor die geskiedenis van jou dorp, jou plaas, jou familie of enige iets wat verband hou met die geskiedenis van Suid-Afrika. Indien die artikel reeds geskryf is, kan jy help om dit uit te brei of te redigeer.
- Hierdie webwerf word ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Geskiedenisonderrig (SAVGO). Besoek hulle webwerf.




