Sandra Swart is ‘n omgewings en sosiale historikus van Suider-Afrika. Sy het ‘n DPhil in Moderne Geskiedenis en ‘n MSc in Omgewingsverandering by die Universiteit van Oxford verwerf.   Sy is ‘n mede-professor by die Universiteit van Stellenbosch. Sy het al geskryf oor temas so uiteenlopend soos Afrikaner-identiteit, lag, diere in geskiedenis en sosiale rebellie in onder meer die Journal of Southern African Studies, Journal of African History en Journal of Social History. Sy het Breeds of Empire saam met Greg Bankoff geskryf en het Canis Africanis: a dog history of southern Africa saam met Lance van Sittertand geredigeer. Sy het pas Riding High: Horses, Humans and History in South Africa voltooi.

Artikels:

En hoor jy die magtige… gerunnik

Lees haar Engelse skryfwerk hier.